Ruiter in Swart - Westerns Fotoverhaal Voorblad
Klik vir Volskerm-aansig
WesternsAfrikaansRPFormaat: A5

Ruiter in Swart

Beskikbare Voorblaaie55
Geregistreerde Uitgawes55

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Kort op die Marc Condor reeks se hakke het die “Ruiter in Swart” reeks gevolg. Suid-Afrika het soos die res van die wêreld ook baie gehou van hulle “cowboy” verhale. Interessant is dat heelwat storieverhaal reekse, wat handel oor die “cowboy era” reeds in die vyftiger en sestiger jare verskyn het en toe al baie goed verkoop het. So het die Ruiter in Swart sy verskyning gemaak en een van die langs lopende en suksesvolste reekse geword. Teen die einde van die era het die boekies in A4 formaat in volkleur verskyn. Dit is ’n uiters skaars en gesogte versamelaars item vandag. Die reeks is waarskynlik vaagweg geskoei op die Gemaskerde Ruiter wat as onbekende geregsdienaar wet en orde in die woeste weste van Amerika moes handhaaf. In hierdie geval egter was dit die Transvaalse goudvelde en die woeste Laeveld. Die man in swart was net as Ben bekend. Ek verstaan dat hy in sommige boekies as Ben Brandt geïdentifiseer was. Hy was ’n ZARP man. Met ander woorde, ’n lid van die ou Transvaalse of Zuid-Afrikaanse polisiemag. Hy was ook ’n persoonlike vriend van ou President Kruger. Die ruiter was in swart geklee van kop tot tone en het twee rewolwers aan weerskante van sy sye gedra. Die kolwe was na vore gerig vir die sogenaamde “crossdraw.” Dit was as ’n kenmerk van ’n snelskut beskou. Hy was ook knap met die vuiste en daar was minstens een vuisgeveg in elke boekie. In die gebruiklike finale skietgeveg het hy gewoonlik sy teenstanders uitgeroei. Ben het ook ’n swart perd gehad met naam Satan. Hy is soms in die kleur voorblaaie ook op ’n bruin perd gesien. Om die waarheid te sê, op die meeste kleurblaaie het hy op ’n bruin perd gery. Kom ons noem dit maar ’n donker perd. ’n Perde kenner sal seker beter weet. In uitgawe 382 verskyn daar ’n swart wolfhond saam met hom op die toneel. Ek het nie ’n boekie met ’n naam van die hond nie. Miskien kan ’n ander versamelaar dalk hier help. Die rol is tot aan die einde vertolk deur Danie van Rensburg - wat die akteur naam van Vonk de Ridder gehad het. Hy het as Vonk de Ridder ook in ’n paar Afrikaanse “cowboy” flieks opgetree. Die fliek, “Voor sononder” saam met Dawid van der Walt is een van die wat ek goed kan onthou. Dieselfde fliek het ook as strokiesprent in die tydskrif “Brandwag” verskyn. Ben is die snelskut wat knap is met sy rewolwers maar het ook in die proses sy kwota wonde opgedoen. Sy teenstanders was geharde en wrede rampokkers van sy tyd. Daar was plaas rowers, veediewe, struikrowers, moordenaars en swendelaars van alle soorte. Kyk gerus ook na die Ruiter in Swart by Potpouri om meer van die verhale te wete te kom. Tans is Ruiter in Swart die enigste wat ’n webwerf onderhou. Ten tye van die skrywe was dit nog onder konstruksie. Google dit gerus as jy meer inligting wil bekom. Ek verstaan van ’n versamelaar dat daar tans ook DVD’s beskikbaar is, wat van die oorspronklike gerestoureerde fotoverhale bevat. Kyk gerus ook na die uitbreiding van hulle webwerf, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Ruiter in Swart

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

55 Uitgawes
Ruiter in Swart - Uitgawe #354: Soos aasvoëls is hulle
#354
Soos aasvoëls is hulle
Ruiter in Swart - Uitgawe #372: Sy laaste rooftog
#372
Sy laaste rooftog
Ruiter in Swart - Uitgawe #376: Vorentoe wag die galg
#376
Vorentoe wag die galg
Ruiter in Swart - Uitgawe #377: Toegang verbode
#377
Toegang verbode
Ruiter in Swart - Uitgawe #378: Verraad in sy hart
#378
Verraad in sy hart
Ruiter in Swart - Uitgawe #379: Bloedvlek in die veld
#379
Bloedvlek in die veld
Ruiter in Swart - Uitgawe #380: Vir hom 'n laaste drankie
#380
Vir hom 'n laaste drankie
Ruiter in Swart - Uitgawe #382: Kinders van onrus
#382
Kinders van onrus
Ruiter in Swart - Uitgawe #384: Spin maar jou web...
#384
Spin maar jou web...
Ruiter in Swart - Uitgawe #385: Een pad... galg toe
#385
Een pad... galg toe
Ruiter in Swart - Uitgawe #387: Vroue is sy prooi
#387
Vroue is sy prooi
Ruiter in Swart - Uitgawe #388: Met bloed betaal
#388
Met bloed betaal
Ruiter in Swart - Uitgawe #389: Vir jou, ons vriend
#389
Vir jou, ons vriend
Ruiter in Swart - Uitgawe #390: Hoonlag uit die bosse
#390
Hoonlag uit die bosse
Ruiter in Swart - Uitgawe #391: Stiefbroers
#391
Stiefbroers
Ruiter in Swart - Uitgawe #392: Vergenoeg gevlug
#392
Vergenoeg gevlug
Ruiter in Swart - Uitgawe #395: Giftig is haar haat
#395
Giftig is haar haat
Ruiter in Swart - Uitgawe #396: Moeder van my seun
#396
Moeder van my seun
Ruiter in Swart - Uitgawe #397: Goud is die lokaas
#397
Goud is die lokaas
Ruiter in Swart - Uitgawe #398: Dan vra jy nog genade
#398
Dan vra jy nog genade
Ruiter in Swart - Uitgawe #400: Grynslag van haat
#400
Grynslag van haat
Ruiter in Swart - Uitgawe #401: Vir hom die vlugpad
#401
Vir hom die vlugpad
Ruiter in Swart - Uitgawe #402: Berg van vrees
#402
Berg van vrees
Ruiter in Swart - Uitgawe #403: Wat doen julle, my seuns
#403
Wat doen julle, my seuns
Ruiter in Swart - Uitgawe #405: 'n Koeël sal beslis
#405
'n Koeël sal beslis
Ruiter in Swart - Uitgawe #407: Die dood loop saam
#407
Die dood loop saam
Ruiter in Swart - Uitgawe #409: Tot tussen die wolwe
#409
Tot tussen die wolwe
Ruiter in Swart - Uitgawe #410: Die verlore seun
#410
Die verlore seun
Ruiter in Swart - Uitgawe #411: Groet dan jou baas
#411
Groet dan jou baas
Ruiter in Swart - Uitgawe #412: Net geweld vorentoe
#412
Net geweld vorentoe
Ruiter in Swart - Uitgawe #413: Bloed aan die roofgeld
#413
Bloed aan die roofgeld
Ruiter in Swart - Uitgawe #414: Ontsnap as jy kan
#414
Ontsnap as jy kan
Ruiter in Swart - Uitgawe #416: Die sambok as getuie
#416
Die sambok as getuie
Ruiter in Swart - Uitgawe #417: Man van geweld
#417
Man van geweld
Ruiter in Swart - Uitgawe #418: Bloedspoor na die grens
#418
Bloedspoor na die grens
Ruiter in Swart - Uitgawe #419: Erger as moord
#419
Erger as moord
Ruiter in Swart - Uitgawe #420: Pad van die lafaard
#420
Pad van die lafaard
Ruiter in Swart - Uitgawe #423: Ruiter in swart
#423
Ruiter in swart
Ruiter in Swart - Uitgawe #424: Vra dan nie genade
#424
Vra dan nie genade
Ruiter in Swart - Uitgawe #425: Tot hiertoe, moordenaar
#425
Tot hiertoe, moordenaar
Ruiter in Swart - Uitgawe #426: Geheim van 'n vlak graf
#426
Geheim van 'n vlak graf
Ruiter in Swart - Uitgawe #427: Dooies praat nie
#427
Dooies praat nie
Ruiter in Swart - Uitgawe #428: Jy moet sterf, my broer
#428
Jy moet sterf, my broer
Ruiter in Swart - Uitgawe #429: Vernedering bring die haat
#429
Vernedering bring die haat
Ruiter in Swart - Uitgawe #430: Die dood speel sy troef
#430
Die dood speel sy troef
Ruiter in Swart - Uitgawe #431: Vaarwel, blonde feeks
#431
Vaarwel, blonde feeks
Ruiter in Swart - Uitgawe #432: Te laat vir genade
#432
Te laat vir genade
Ruiter in Swart - Uitgawe #434: Getuienis van 'n kluisenaar
#434
Getuienis van 'n kluisenaar
Ruiter in Swart - Uitgawe #446: Want ek sal jou laat boet
#446
Want ek sal jou laat boet
Ruiter in Swart - Uitgawe #447: Dan liewer die duisternis
#447
Dan liewer die duisternis
Ruiter in Swart - Uitgawe #472: Die dood wag op drie
#472
Die dood wag op drie
Ruiter in Swart - Uitgawe #473: 'n Monster agter sy glimlag
#473
'n Monster agter sy glimlag
Ruiter in Swart - Uitgawe #474: Maar hulle is indringers
#474
Maar hulle is indringers
Ruiter in Swart - Uitgawe #475: Die dorp van geweld
#475
Die dorp van geweld
Ruiter in Swart - Uitgawe #476: 'n Nes van adders
#476
'n Nes van adders