Die Swart Luiperd - Westerns Fotoverhaal Voorblad
Klik vir Volskerm-aansig
WesternsAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Die Swart Luiperd

Beskikbare Voorblaaie29
Geregistreerde Uitgawes29

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Onder versamelaars is die Swart Luiperd slapband storieverhaal boekies (Pronk en Sirkel uitgawes), seker van die gewildste versamel items van ons tyd. Wyle Braam Le Roux en Meiring Fouche het verhale geskep wat die avontuur instink in elke jong leser wakker gemaak het. Dit is dan geen wonder dat hierdie uiters gewilde karakter dan ook sy pad na die fotoverhaal mark gevind het nie. Die reeks het egter in sterk kompetisie met die “Ruiter in Swart” verskyn. Omdat die sogenaamde Suid-Afrikaanse “cowboy” verhaal so gewild was in daardie tyd, was die Swart Luiperd weer in die avontuur wêreld van die ou Transvaalse goudvelde geplaas. Die hoofkarakter was dus nie die bekende Leon Fouche nie, maar Baron Rolf du Plessis. Hy was in die geheim die gevreesde Swart Luiperd. Met staal vuiste en vlammende rewolwers het hy reg en geregtigheid in die woeste Laeveld laat geskied. Net soos die Ruiter in Swart, was hy meeste van die tyd ook in swart geklee, maar hy het ’n baie oortuigende masker van ’n “regte” swart luiperd gedra. Die vlammende oë en die oopbek met reuse slagtande moes ’n groot indruk op skurke van sy tyd gemaak het. Die groot stryd was egter vir hom om sy identiteit voortdurend geheim te hou. Sy teenstanders was dan ook skurke van die tydvak. Braam Le Roux se Swart Luiperd (storieverhale) het matige wetenskapsfiksie in gehad. Die fotoverhale was weer beperk tot veediewe, plaas rowers, struik rowers,en smokkelaars van alle soorte. Gaan lees gerus meer oor die Swart Luiperd by Potpouri vir meer inligting. Die skrywer van die fotoverhale, asook die naam van die rol spelers is nie aan my bekend nie. Miskien kan van die lesers hand bysit en ons laat weet, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Die Swart Luiperd

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

29 Uitgawes
Die Swart Luiperd - Uitgawe #11: Tot hiertoe, Judas
#11
Tot hiertoe, Judas
Die Swart Luiperd - Uitgawe #64: Soos rotte uit 'n wrak
#64
Soos rotte uit 'n wrak
Die Swart Luiperd - Uitgawe #65: 'n Koeël vir die meisie
#65
'n Koeël vir die meisie
Die Swart Luiperd - Uitgawe #67: Glimlag van verraad
#67
Glimlag van verraad
Die Swart Luiperd - Uitgawe #68: Voëlvry
#68
Voëlvry
Die Swart Luiperd - Uitgawe #70: Haal af jou masker
#70
Haal af jou masker
Die Swart Luiperd - Uitgawe #71: Sy laaste komplot
#71
Sy laaste komplot
Die Swart Luiperd - Uitgawe #74: Die moordenaar stuur groete
#74
Die moordenaar stuur groete
Die Swart Luiperd - Uitgawe #77: So sal jy boet
#77
So sal jy boet
Die Swart Luiperd - Uitgawe #78: Wet van die koeël
#78
Wet van die koeël
Die Swart Luiperd - Uitgawe #79: Grynslag van die swendelaar
#79
Grynslag van die swendelaar
Die Swart Luiperd - Uitgawe #84: Soos Dawid van ouds
#84
Soos Dawid van ouds
Die Swart Luiperd - Uitgawe #85: Graf sonder lyk
#85
Graf sonder lyk
Die Swart Luiperd - Uitgawe #87: Bedrieërsloon
#87
Bedrieërsloon
Die Swart Luiperd - Uitgawe #88: Vermis in die vreemde
#88
Vermis in die vreemde
Die Swart Luiperd - Uitgawe #89: Alles net vir goud
#89
Alles net vir goud
Die Swart Luiperd - Uitgawe #90: 'n Koeël is sy erfenis
#90
'n Koeël is sy erfenis
Die Swart Luiperd - Uitgawe #91: 'n Graf vir 'n gryper
#91
'n Graf vir 'n gryper
Die Swart Luiperd - Uitgawe #92: Hul laaste rooftog
#92
Hul laaste rooftog
Die Swart Luiperd - Uitgawe #93: Afspraak met die laksman
#93
Afspraak met die laksman
Die Swart Luiperd - Uitgawe #94: Vrug van sy haat
#94
Vrug van sy haat
Die Swart Luiperd - Uitgawe #98: Laaste dobbelspel
#98
Laaste dobbelspel
Die Swart Luiperd - Uitgawe #108: Verraaiers in hul midde
#108
Verraaiers in hul midde
Die Swart Luiperd - Uitgawe #109: Pad van die gierigaard
#109
Pad van die gierigaard
Die Swart Luiperd - Uitgawe #110: Rower agter die masker
#110
Rower agter die masker
Die Swart Luiperd - Uitgawe #115: Vir die prys van 'n lewe
#115
Vir die prys van 'n lewe
Die Swart Luiperd - Uitgawe #161: Die vervloekte skat
#161
Die vervloekte skat
Die Swart Luiperd - Uitgawe #162: Man sonder gewete
#162
Man sonder gewete
Die Swart Luiperd - Uitgawe #195: Noem hom reus
#195
Noem hom reus