Eerste Liefde - Liefde & Romanse Fotoverhaal Voorblad
Klik vir Volskerm-aansig
Liefde & RomanseAfrikaansRPFormaat: A5

Eerste Liefde

Beskikbare Voorblaaie20
Geregistreerde Uitgawes20

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Soos dit nou maar ook was en nog steeds is, is daar onder Afrikaans sprekendes altyd ’n plek vir aksie en ’n plek vir romanse. Dit was miskien waarom eerste liefde so ’n sukses was. Die eg menslike verhale het sekere herinnering opgeroep wat jyself al ondervind het, of jy het iemand geken wat ’n tipiese storieboek liefde beleef het. En onder ons mense was daar maar altyd die dromers en die wat gehoop het dat die eerste liefde die wonderlikste en standhoudendste was. Net soos ’n sprokiesverhaal wat altyd ’n gelukkige einde het. Eerste Liefde se sukses was daaraan toegeskryf dat hulle altyd mooi mense gebruik het. Die storie lyn was altyd opwindend en boeiend. Daar is verhale van haat en jaloesie, jong mense wat op ’n eiland gestrand raak en van mekaar afhanklik begin raak en dan natuurlik, die liefde wat dan begin blom het. Die sukses was ook grootliks te danke daaraan dat kru taal selde indien ooit gebruik was. Van eksplisiete seks was daar nie sprake nie. Die slim sinspelings het die verhale egter opwindend genoeg gemaak. Ander verhale was eg menslik, ’n meisie wat haar gesig verloor, maar die liefde wen aan die einde. Daar is gebroke huwelike waar nuwe geluk weer gevind word. Daar is ’n jong bokser wat beseer word en ’n nuwe lewe moes begin. Wat van ’n boer soek ’n vrou? Dit het in daardie tyd ook gewerk. Daar was jong mense wat hul lewens met motorfiets ongelukke verloor het en die ander helftes weer die stukkies van hulle lewens moes optel. Dwelms was ook in daardie al ’n probleem. In boekie nommer 104 sorg smokkelaars vir genoeg aksie.

Geen erkenning word aan enige skrywers gegee nie. In sommige gevalle word ’n aktrise hier en daar geïdentifiseer, bv. Lilli Randi in boekie nommer 103. Opvallend is dat baie Italiaanse name voorkom onder die wat geïdentifiseer word. Akteur At Botha in sy jong dae word in nommer 101 gesien. Fotografie en die verhaal lyne was deurgaans goed en van ’n goeie gehalte, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Eerste Liefde

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

20 Uitgawes
Eerste Liefde - Uitgawe #85: Huiwerende hart
#85
Huiwerende hart
Eerste Liefde - Uitgawe #91: My waaghals, my liefling
#91
My waaghals, my liefling
Eerste Liefde - Uitgawe #92: Vrug van haar boosheid
#92
Vrug van haar boosheid
Eerste Liefde - Uitgawe #93: Vertrou net, beminde
#93
Vertrou net, beminde
Eerste Liefde - Uitgawe #94: Lied van die duine
#94
Lied van die duine
Eerste Liefde - Uitgawe #96: Vier mense, drie liefdes
#96
Vier mense, drie liefdes
Eerste Liefde - Uitgawe #98: Die man met die wil
#98
Die man met die wil
Eerste Liefde - Uitgawe #100: Die prik van 'n naald
#100
Die prik van 'n naald
Eerste Liefde - Uitgawe #101: Slavin van gister
#101
Slavin van gister
Eerste Liefde - Uitgawe #103: Lied van die berge
#103
Lied van die berge
Eerste Liefde - Uitgawe #104: Eers die diep waters
#104
Eers die diep waters
Eerste Liefde - Uitgawe #106: Terug na Della Rosa
#106
Terug na Della Rosa
Eerste Liefde - Uitgawe #107: Haar suster se kêrel
#107
Haar suster se kêrel
Eerste Liefde - Uitgawe #108: Vir haar 'n nuwe more
#108
Vir haar 'n nuwe more
Eerste Liefde - Uitgawe #109: Vier harte, hoeveel liefdes
#109
Vier harte, hoeveel liefdes
Eerste Liefde - Uitgawe #110: Hart van die vegter
#110
Hart van die vegter
Eerste Liefde - Uitgawe #112: Gister is vergewe
#112
Gister is vergewe
Eerste Liefde - Uitgawe #119: Die laaste testament
#119
Die laaste testament
Eerste Liefde - Uitgawe #129: Ver vorentoe, 'n lig
#129
Ver vorentoe, 'n lig
Eerste Liefde - Uitgawe #134: Die wind sal getuig
#134
Die wind sal getuig