Die Wit Tier - Aksie & Avontuur Fotoverhaal Voorblad
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Die Wit Tier

Beskikbare Voorblaaie26
Geregistreerde Uitgawes26

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

As daar nou ooit ’n Swart Luiperd liefhebber was wat iets in die lyn van fotoverhale gesoek het en wat hom tevrede moes stel, was dit sekerlik die Wit Tier. Die Wit Tier het gelewe in ’n land met die naam Takaranië (Tanzanië?). Dit was klaarblyklik iewers op die vasteland van Afrika, maar was binne bereik van Suid-Afrikaners. Die Wit Tier was ’n oortuigend, sterk geboude jongman, wat soos ’n Tarzan van ouds in die oerwoud geleef het. Weereens weet ons nie wie die skrywer was of wie die titel rol vertolk het nie . Die verhale was vol avontuur en het lekker leesstof uitgemaak. Naas “Ruiter in Swart” en “Mark Condor”, was dit seker een van my persoonlike gunstelinge. Hy het talle oorspronklike avonture in oerwoud beleef. Daar was die geval van ’n vroulike breindokter wat sy verstand oorneem het asook vele gevegte met diere en krokodille. Daar was selfs ’n oervallei met ’n verlore stam en prehistoriese diere. Sy wapens was sy hande en sy mes, maar hy het ook van ’n geweer of pistool gebruik gemaak wanneer dit nodig was. Daar was ivoorsmokkelaars en wild stropers, selfs ook ruimtewesens wat die land besoek het. So was daar ook Arabiese slawe handelaars wat hom in die sand begrawe het, sodat die miere hom kon opvreet. Hy was ook deur ’n verlore vroue stam gevange geneem. Natuurlik was daar ook altyd ’n mooi meisie in die omtrek om hom in sy tyd van nood te red. Op ’n manier herinner die verhale my baie aan die avonture van die Skim, wat deur Lee Falk geskep was. Beide beleef hulle avonture in ’n denkbeeldige land wat tussen die oertyd en die beskawing is. In die Skim was die denkbeeldige land natuurlik Bengalië. Dit was dan natuurlik vir die skrywer moontlik om sy verbeelding meer vrye teuels te kon gee, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Die Wit Tier

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

26 Uitgawes
Die Wit Tier - Uitgawe #50: Slaaf in sy eie land
#50
Slaaf in sy eie land
Die Wit Tier - Uitgawe #64: Laaste offer
#64
Laaste offer
Die Wit Tier - Uitgawe #66: Maak dood die prinses
#66
Maak dood die prinses
Die Wit Tier - Uitgawe #67: So lank duld ek jou
#67
So lank duld ek jou
Die Wit Tier - Uitgawe #68: Besoek uit die vreemde
#68
Besoek uit die vreemde
Die Wit Tier - Uitgawe #69: Na twintig lange jare
#69
Na twintig lange jare
Die Wit Tier - Uitgawe #70: Die gierige sjeik
#70
Die gierige sjeik
Die Wit Tier - Uitgawe #72: Stokers van onheil
#72
Stokers van onheil
Die Wit Tier - Uitgawe #73: Kind op die vlug
#73
Kind op die vlug
Die Wit Tier - Uitgawe #77: Nou net vergelding
#77
Nou net vergelding
Die Wit Tier - Uitgawe #78: Vir die fees van Venus
#78
Vir die fees van Venus
Die Wit Tier - Uitgawe #79: Vrou uit die suide
#79
Vrou uit die suide
Die Wit Tier - Uitgawe #81: Vuur vir woede
#81
Vuur vir woede
Die Wit Tier - Uitgawe #82: Slaaf van die stergod
#82
Slaaf van die stergod
Die Wit Tier - Uitgawe #84: Lis van die woestyn jakkals
#84
Lis van die woestyn jakkals
Die Wit Tier - Uitgawe #85: Graf vir die goudrowers
#85
Graf vir die goudrowers
Die Wit Tier - Uitgawe #86: Kom broer, ons veg
#86
Kom broer, ons veg
Die Wit Tier - Uitgawe #96: Toe kom die weerwraak
#96
Toe kom die weerwraak
Die Wit Tier - Uitgawe #99: Die vloek van Karawappa
#99
Die vloek van Karawappa
Die Wit Tier - Uitgawe #100: Afrekening
#100
Afrekening
Die Wit Tier - Uitgawe #102: 'n Koning, 'n vriend...
#102
'n Koning, 'n vriend...
Die Wit Tier - Uitgawe #105: Geen genade vir jou
#105
Geen genade vir jou
Die Wit Tier - Uitgawe #106: Vrou in die wildernis
#106
Vrou in die wildernis
Die Wit Tier - Uitgawe #107: 'n Dag vir wraak
#107
'n Dag vir wraak
Die Wit Tier - Uitgawe #122: Nag van die skedel
#122
Nag van die skedel
Die Wit Tier - Uitgawe #124: Bruid op die vlug
#124
Bruid op die vlug